‘n skooltjie propvol met liefde, leiding en versorging.
Kleinkind Ontwikkelingsentrum bied heelkind-ontwikkeling en werk spesifiek aan individuele aspekte van belang vir u kind. Fokusareas: fisies, kognitief, emosioneel, sosiaal en geestelik/Christelik. Elkeen van hierdie fokusareas word dan in onderafdelings verdeel en individueel by u kind gestimuleer. Ons bied arbeidsterapie-ontwikkelingsgroepies vir almal (Arbeidsterapie fokus op voorsorg vir alle areas van fisiese ontwikkeling, fyn- en grofmotories, perseptueel, sensories en emosioneel)
